Item image

Vrystaat Mielies

Contact owner

Vrystaat Mielies (Edms) Bpk het sy ontstaan gehad in 1996 as ‘n graanverhandelingsmaatskappy. In 2001 is die finansiering van graan as ‘n tweede been in die besigheid bygevoeg en sedertdien onderskei Vrystaat Mielies homself in die mark ten opsigte van unieke fondsbestuur-en finansieringsprodukte.Vrystaat Mielies het in Maart 2008 sy kantore van Riebeeckstad in Welkom verskuif na Potchefstroom. Profert, die derde grootste kunsmismaatskappy in Suid-Afrika, het in 2010 die meerderheidsaandeel in Vrystaat Mielies bekom. Die ander aandeelhouers is die Bestuur van Vrystaat Mielies en Land Bank as strategiese vennoot.