Item image

Bloemhof Bonanza

Welcome to the 2016 Bloemhof Bonanza

Welkom aan al ons borge en hengelaars by die 16 jaarlikse Bloemhofdam Bonanza. Dit is weer die tyd om Bonanza te hou! Vriende en vreemdelinge van regoor Suid-Afrika is hier om vis te vang. Mag die visse groot wees en vriendskappe wat bevestig en gesmee word, blywend wees.Dit is met groot hartseer wat ons die afgelope jaar twee groot vriende moes groet. Chamara Pansegrouw, voormalige CEO van Eco-Care Trust, asook Eddie Sillands, Hoofbeampte by al ons Bonanzas. Hierdie Bonanza word aan die twee besondere mense opgedra wat diep spore in die hengelbedryf en bewaring getrap het.Die droogte het ons land in ‘n wurggreep wat dit vir mens en dier na water laat smag. Ons sien dit in die lae damvlakke wat nie net ons hengelwaters bedreig nie, maar ook ons drinkwater wat opraak. Mag ons Hemelse Vader die hemelse sluise ooptrek en ons genadig wees.
Baie welkom weer eens aan ons hoofborg Pure Fishing wat fantastiese Mitchell en Berkley hengelgerei as pryse tydens die kompetisie borg. Eco-Care Trust en al die hengelaars sê aan julle en al ons borge baie dankie!!Die Organiseerder: Eco-Care Trust


The Bloemhofdam Bonanza has grown to become much more than just a fishing competition. For many anglers and families this event represents how they spend their annual holiday and with so many reasons to be involved at this phenomenal event, why would you want to miss out?

With its roots firmly anchored in conservation through the organizational team of the Eco-Care Trust, participation at this event also ensures that we as anglers become focused on ‘fishing for the future and not just for today’.

Through our Mitchell and Berkley brands we are proud to be key sponsors to this event over the next 3 years. With your continued support we believe we can continue to grow this event from strength to strength.

With thousands of Rands worth of prizes on offer this year, we wish each of you the best of success and tight lines.

Pure Fishing Team


Aan alle deelnemers, organiseerders, beamptes asook mede borge van die 2016 Bloemhof Bonanza – ‘n hartlike welkom aan vanjaar se toernooi – mag almal se wildste drome bewaarheid word!

Dit is vir ons as hengeltydkrif ‘n eer en voorreg om as borg van die Spannekompetisie op te tree, en daarmee ons entoesiasme en vertroue weereens te bevestig vir die instandhouding en uitbouing van ons geliefde hengelsport wat elke lid van die gesin kan geniet.

Ons vertrou dat al die hengelwenke en advies wat elke maand in die tydskrif uitgestal word, deelnemers sal help om sukses te behaal.
Terwyl dit baie lekker is om pryse te wen, onthou dat bloot jou deelname hier maak van jou reeds ‘n wenner!

Geniet dit,en kyk uit vir ons verslag en fotos in ‘n volgende uitgawe!
Beste Hengelgroete,

Werner Lubbe
Die Oewerhengelaar/The Bank Angler

21 04 2016 – Bloemhof Nature Reserve

12 04 2016 – Bloemhof Bonanza

20 04 2015 – Bloemhof Bonanza