Klere reeks, Skool klere, Sport uitrusters, Buitelewe afdelings
******
“Die jaar … twintig-twintig. Dis die einde van die beskaafde wêreld. Meeste van ons, het in die wild ingevaar. So wat maak ons nou …?”
“Ons braai! En danksy Rellings in Kroonstad, kamp ons ‘n hond uit ‘n bos uit! Rellings is die staatmakers van buiteleweprodukte, modes en skoolklere asook sport-benodighede en nog baie meer! Vind Rellings se ingange in Cross- en Oranjestraat, Kroonstad. Rellings – bekostigbare kwaliteit en professionele diens!”
******
Oupa Ferdinand Relling was ‘n aankoper van goedere vir ‘n Duitse maatskappy in Madagaskar.
Hy was terug op pad na Duitsland toe die skip waarop hy was in Port Elizabeth geanker het . Om himself besig te hou het hy as ‘n kelner by ‘n hotel gewerk. Hy het erge vel-ekseem gehad en dit het dramaties verbeter in daardie klimaat. Hy het toe besluit om in Suid Afrika te bly. Met die geld wat hy as kelner verdien het het hy vir hom ‘n Donkie en wa gekoop en goedere begin smous in die Oos-Kaap. Hy het sy vriendin wanaf Duitsland laat kom Port Elizabeth toe waar hulle getroud is. Hans is in P.E. gebore en Fritz is twee jaar later in Aberdeen 1904 gebore. Hy het vyf seuns en ‘n dogter gehad . Hans,Fritz, Ernst, Karel , Otto en Anna.
Die eerste Rellings winkel is in 1919 in Ventersburg deur Ferdinand Relling gestig ( Hans, Fritz en Ernst het saam met Oupa Ferdinand in Ventersburg se Gebroeders Relling gewerk. In 1930 het die winkel afgebrand nadat ‘n dief ingebreek het om ‘n grammofoon te steel en om sy spore dood te maak het hy die winkel afgebrand.
Hans het die winkel in Ventersburg oorgeneem ,Ernst het Rellings in Virginia begin , Karel en Otto het in Jansenville in die Karoo agtergebly waar hulle geboer het . Fritz het die Kroonstad winkel in 1944 by the London Drapery company (die bestuurder was Douglas Polson ) oorgekoop tydens die Tweede wereld oorlog . Die eerste perseel was in die gebou waar Finns Foto First tans is.
In 1948 het mnr. Aubrey Kok by die firma aangesluit en kort daarna ook Werner, mnr Fritz Relling,se seun in 1955. Harwood,Fritz se ander seun het vir n paar jaar by die onderneming gewerk, voordat hy in 1959 in die Ventersburg-distrik gaan boer het. 1965 het mnre.Werner Relling en mnr Kok in vennootskap gegaan en toe die winkel in 1980 te klein geword het, het hulle na die Harding en Parker-gebou verhuis.(Waar ABSA tans is.) In 1991 het mnr. Werner Relling se seun Jock Relling ook by die firma aangesluit. Mnr. Kok het in Mei 1993 die tuig neergelê en Jock het sy aandele uitgekoop. mnr Fritz Relling is in September 1993 oorlede.
Rellings Kroonstad het hul vyftigste bestaansjaar in 1994 gevier toe hulle in hul huidige perseel ingetrek het in Cross straat 78. In 2011 het mnr. Jock Relling die besigheid by sy pa , Werner oorgeneem, waar hy nog steeds by die besigheid betrokke is. In Februarie 2011 sluit Werner Relling jnr, die vierde generasie Relling by die besigheid as nog ‘n vennoot saam sy pa mnr Jock Relling aan. Huidig is daar dan drie generasies by die besigheid betrokke. Rellings is nou reeds 95 jaar in die Vrystaat en 70 jaar in Kroonstad in diens van die gemeenskap.
Jock sê die resep om so lank ( 4 generasies in Kroonstad en 5 generasies in die Vrystaat) te bestaan is goeie verhoudinge met jou kliente, uitstekende diens ,en altyd die beste kwaliteit teen die beste pryse te verskaf. Rellings bedank ons Hemelse Vader vir die jare van seen oor ons onderneming en ons sê baie dankie aan al ons lojale kliente wat ons deur die jare so goed ondersteun het.
Rellings het oor die jare sy besigheid uitgebrei en het tans ‘n volledige Mans afdeling, , dames Boetiek, Sport Afdeling asook die Skool afdeling.
Ons gee julle die versekering dat ons sal aanhou streef tot uitmuntende diens , Kwaliteit asook ondersteuning van ons gemeenskap.
Kom gesels gerus met ons , Rellings is jul Familie winkel.




