Item image

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk

Contact owner

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk (“OVK”) is verbind tot ‘n beleid van regverdige optrede en integriteit in die bedryf van besigheid. Hierdie besluit, vervat in resolusies van OVK se Raad van Direkteure, is gebaseer op die aanname dat besigheid eerlik, regverdig en binne wetlike voorskrifte bedryf moet word.

Die direksie onderskryf die aanbevelings vir goeie korporatiewe bestuur soos vervat in die King II verslag.

Daar word van direksie en personeel verwag om morele, etiese, en wetlike standaarde, soos hieronder uiteengesit, te handhaaf. Sou werknemers twyfel oor die uitvoering van hierdie beleid of enige uitvloeisel daarvan, moet dit aan afdelingshoofde of die bestuurder: menslike hulpbronne gerapporteer word.