The Studio is ‘n dekor winkel in Brill Straat 9, Westdene. Die winkel is reeds 3 jaar in bedryf. Ons verkoop aan die publiek, binnehuisversierders, kontrakteurs en so meer.
Ons verkoop Annie Sloan chalk paint, wat ‘n dekoratiewe verf is wat jy op oppervlaktes soos hout, staal, glas, teëls, vloere, mure, keramiek potte en basies enige ander oppervlakte kan verf. Alle benodigdhede soos kwaste, stencils, deurknoppe, plakstukke ens., is ook beskikbaar.
Ons verkoop ook geskenke en huis dekor wat onder andere verfbare muurpapier insluit.
The Studio spesialiseer ook in die verkoop van keramiekwerk, Sandra Pelser kunswerke, Pieter Lessing kuns, Ayala Jewellery Bar en Mies skoonheidsprodukte.
Ons bied verskeie tipe werkswinkels aan om die publiek die nodige verftegnieke, gevorderde idees ens., te leer om hulle projekte tuis aan te pak.
