Lubern Voere, met sy hoofkantoor te Hartswater in die Noord Kaap, fokus op die vervaardiging en bemarking van veevoer en streef daarna om met tegniese navorsing en ondersteuning op te tree as strategiese vennoot vir produsente in sentraal Suid Afrika.
Waardetoegevoeging deur opgeleide en kundige bemarkings personeel, wetenskaplike produkformulering ooreenkomstig nuutste navorsing en tegnologie, modêrne toegeruste fabrieke verseker kwaliteit DIENS en PRODUK.
Moderne skale en mengeenhede verseker akkurate insluiting van allerbelangrike spoorelemente en grondstowwe, asook die uniforme vermengings van roumateriale. Die aanlegte is verder tenvolle gerekenariseerd met ‘n moderne “PLC” stelsel wat die aanleg outomatiseer en menslike foute uitskakel. Kwaliteitskontrole op roumateriale en vervaardigde produkte word deur NIR en nat chemie metodes verseker en vorm die basis van die ‘kwaliteitsverbintenis’ en naspeurbaarheid.
Lubern het ‘n klein, vaartbelynde en selfstandige organisasie struktuur. Die filosofie is eenvoudig maar doeltreffend:
Om aan die behoeftes van die kliënt deur ontwikkeling en aanpassing van produkte te voldoen;
‘n Program van kwaliteitsverbintenis met alle produksie en bemarkingsprosesse te handhaaf
Stiptelike en betroubare diens met alle handelsaktiwiteite na te streef
Produk- en produksiekoste so laag as moontlik te hou