Item image

Van Zyl Staalwerke

Hours Open:
Monday:
08:00 - 17:00
Tuesday:
08:00 - 17:00
Wednesday:
08:00 - 17:00
Thursday:
08:00 - 17:00
Friday:
08:00 - 17:00
Saturday:
Na Ure Onderdele: 082 774 4535
Contact owner

Van Zyl Staalwerke vervaardig ‘n reeks van 40 verskillende implemente.

Ons hou voorraad daarom is daar nie wag periodes vir aflewering nie.

Onderdele takke beskikbaar in Reitz, Frankfort en Vrede.

Ons lewer ‘n diens wat strek van onderdele verkope, herstelwerke tot vervaardiging van implemente:

 Onderdele Verkope:

‘n Eenstop winkel vir die boer waar ‘n part deur ons bekwame personeel vir jou gevind en bestel word indien ons dit nie in voorraad het nie.

Van Olies, Bearings, Grondslyt onderdele, filters, boute, moere, gas, gereedskap, elektriese ware en alles daarmee saam word aangehou in ons reeks wat 10,000 lynitems oorskry.

Herstel van hidoliese pype word ook behartig as een van die dienste wat ons lewer.

 Ingenieurswerke:

Die ingenieurswerke dra by tot die vervaardiging van ons implemente, maar grotendeels deur klante ondersteun vir herstelwerk van parte of vervanging van onderdele.

Hierdie afdeling is operasioneel met ‘n totaal van 7 ambagmanne en ‘n assistent wat in produksie is. Van die personeel is reeds 15jaar en langer in diens van Van Zyl Staalwerke – Kundiges op hul gebied.

 Staal:

Dienste in terme van snywerk deur middel van Profile snymasjiene of buigwerk kan verskaf word.

 Vervaardiging:

‘n Wye reeks van implemente word vervaardig soos uiteengesit in ons Produkte reeks

Spesiale vervaardiging van implemente of kontrakteurswerk vorm ook deel van die werkswinkel se bedrywighede.

Met ondervinding in die sektor van 30 jaar bied ons ‘n diens of produk waarop ons trots is en waarmee ons graag ons kliente die beste wil bied.