Item image

Suidwes Landbou

UIT DIE LEDE, VIR DIE LEDE

SUIDWES LANDBOU, met sy Sentrale Kantoor in Leeudoringstad, is een van die groot en bekende Landbougroepe in Suid-Afrika. Ons bedien klante oor die hele land deur verskeie besighede in die Landbouwaarde-ketting.

Suidwes Groep is ’n omvattende landboubesigheid met innoverende strukture wat aandeelhouding vir boere en onbeperkte groei in Afrika vergemaklik. Die Groep is ’n werkgewer van voorkeur, beskik oor ’n volledig-geïntegreerde verskaffingskanaal en gebruik innoverende en tegnologies-gevorderde stelsels en prosedure wat dit ’n markleier en tendensvoorloper in die landboubesigheid maak. Die Eerste Keuse
Suidwes se leuse, “Die Eerste Keuse” is ‘n aanduiding van die verbintenis wat die maatskappy met sy belangegroepe het. Dit hou ook die belofte in van uitnemende diens en die lewer van uitstaande produkte sodat klante en kliënte Suidwes “Die Eerste Keuse” sal maak.