Item image

Redira Clothing CC

Hours Open:
Monday:
08:00 - 17:00
Tuesday:
08:00 - 17:00
Wednesday:
08:00 - 17:00
Thursday:
08:00 - 17:00
Friday:
08:00 - 17:00
Saturday:
08:00 - 12:00
Contact owner

REDIRA het sy ontstaan in Maart 1998 te danke aan ‘n paar tafeldruifboere wat Myrna Malan genader het met spesifieke ontwerpe vir hul werkersklere. REDIRA het begin met drie werkers in ‘n dubbelmotorhuis op die huidige perseel in Augrabies. Vanaf 1998 het REDIRA gegroei in sterkte en bied vandag werk vir 24 mense voltyds en spog met ‘n doelgeboude-buddelverdieping fabriek wat in gebruik geneem is in 2003.

In 2010 vergroot REDIRA deur ‘n winkel oop te maak op Kakamas. Daar word volledige reekse van JONSSON Oorpakke, klere, waterstewels en skoene aangehou asook ‘n wye verskeidenheid JEEP klere met MERRELL en CAT skoene vir die mode bewuste.

REDIRA lewer steeds ‘n diens aan die boere in die omgewing deur die verskaffing van oorpakke sowel as beskermingsdrag. Verskeie van ons drag voldoen aan die vereistes soos gespesifiseer deur die uitvoerders en ons probeer op hoogte te bly van die verandering in vereistes. Ons kan u deur die jaar voorsien van al u benodigdhede, vanaf oesvoorbereiding tot na-oes wanneer ons u pakstoorklere vir u kan was en herstel.